Ek was wakker gebel 2 uur op n sondag middag 12 April '09 .. Anke , het my gevra of ek strand toe wil kom ,want sy is daar saam met n vriend wat sy by die kerk ontmoet het.. Dit was n lekker warm dag so ek het nie omgegee om uiteindelik op te staan en my fiets te vat en strand toe te fietse , wat my ongeveer net so 5 minute gevat het gewoonlik.... En daar sien ek haar , ek stop sit my fietsie op die sypaadtjie en sluit hom , ons gesels en ek sien so net agter haar op n trappie sit n " man " hy was besig op sy foon , ek en anke het toe begin gesels en hy het agteraan gekom , ek kan nie onthou dat ons voorgestel was , so ek wou nie voorbarig lyk.. Ons het oor die pad gestap ek en anke aan die gesels en sy vertel dat sy hom ontmoet het , maar wat sy my nooit se nie is dat hy ook afrikaans is,soos ons oor die pad stap draai ek om en ek se: Hallo ek is Marianna , is jy afrikaans ? " hy kyk my aan en se in n sterk afrikaanse stem : Hallo ek is Jan , nee ek is nie .( terwyl hy glimlag )En ek kon die vlinders al voel...
...Ons het n lekker dag gehad op die strand, gesels en meer oor mekaar uitgevind. En die eerste oomblik wat ek in sy oe gekyk het , was daar iets anders , iets wat ek nie ken .. Dis asof hy my hart kon aanraak.Ek het jou gewoonlik net op sondae raakgeloop, die beste van alles is en was dat ek langs jou in n kerk kon sit en ons God loof en prys ! Ek onthou nog hoe ek altyd so graag net langs jou wou sit .. Op n stadium was ek so verlief dat dit ongemaklik begin word het... ek het met n vriendin gaan praat , haar vertel oor my gevoelens vir jou en nie geweet wat ek daar omtrent moet doen.. Haar presiese antwoord aan my was terug jy voel maarnet so omdat jy alleen hier is , ek dink hy is te oud vir jou Marianna , en ek het saamgestem , want ek het ook gedink jy is te oud vir my ,jou probeer vermy , wanneer jy bel , sms.Ek wou van jou vergeet . Dae , weke en maande het verby gegaan.. Ek het gewoonlik in die bos gaan loop wanneer my hart en kop onseker was ( ek het ook nie elke dag geweet wat my besiel het , om so ver oor die waters te gaan ) ,en met God gepraat en my presiese woorde aan hom was, God ek wil nie n teken he nie , ek wil he u moet my help met die gevoelens wat ek binne my het , en ek het hom gevra om dit weg te vat ,as dit nie moet wees ,maar as dit moet wees , wees met ons ... N week later sit ons in die kerk langs mekaar =) Ek kan die vlinders weereens in my maag voel rondbeweeg.. Die diens was baie emosioneel , veral wanneer mens so ver van die huis af is , raak alles meer emosioneel ... Almal staan op en ek sien jy beweeg nie ek bly sit en sien jy sak jou kop en ek kan aanvoel jy het pyn , seer in jou hart , vir n sekonde weet ek nie lekker wat om te doen , en dis asof iemand my hand oplug en om jou nek sit en jou na my nader trek en my toelaat om jou vas te hou .. ek kon jou trane teen my wang voel , ek kan voel hoe jou lyf net iemand wil he om jou vas te hou .... jy lug jou kop op en kyk my in my oe en se dankie babie , vee jou gesiggie af en ons staan op, .. Ek wou nie laat gaan , ek wou heeldag daar sit en jou teen my vashou en vir jou fluister alles gaan okay wees ! Paar dae weke is verby ........Ek het besluit om by jou te gaan kuier , aangesien ek vir die eerste keer in die 11 maande wat ek al gewerk het n saterdag af kon kry, het ek besluit om dit saam met jou te spandeer, ek onthou ons het gaan fliek , dink dit was transformers wat ons gaan kyk het ... Daarna het ons na jou huis gegaan ! Jy het my gewys hoe om sekere note te speel op jou gitaar , agter my gesit en presies gewys waar ek my vingers moet hou, die gevoel wat ek daardie oomblik gekry het sit nogsteeds by my en ek dink dit sal vir altyd by my sit !! Ek het vry gevoel , en so rustig in my hart en so veilig om jou , en die belangrikste , ek kan myself rondom jou wees.. Jou huis het gevoel soos n huis waarin ek grootgeword het , n plekkie wat ek al ken, my eie plekkie . Ek het toe besluit om by jou huis oor te slaap , jy het n oulike bedtjie vir my reggemaak in jou sitkamer. Jy het gaan slaap.... Ek het vir so paar minute nog wakker gele , gedink aan die lekker dag wat ek saam jou gehad het en met n glimlag aan die slaap geval.Volgende oggend was ek al vroeg op , en soos gewoonlik =) het jy nog baie laat gele.... Ek het jou kamer deur toegemaak om seker te maak jy raak nie wakker van my geraas , wat besig is om jou plekkie skoon te kry , voor ek weer terug gaan na my huis.
Jy het toe later wakker geword en ek het toe intussen besluit ek wil jou saamvat na tannie Anette , aangesien sy my genooi het vir n braai , en ek moes n pakkie wat my mamma gestuur het saam Melinda daar gaan haal het.. Ek wou graag he dat jy my familie ontmoet , en natuurlik hul vir jou.Rensia was ook nog hier in Nederland op vakansie so daar is darm n afrikaanse niggie wat jy lekker meer kan gesels,het ek jou nog gese.. =) , want teen die tyd kon ek amper nie meer afrikaans praat nie ;) Ons het n baie lekker middag /aand gehad , ek onthou die konstante glimlag op jou gesig en ek kon sien jy voel tuis en jy geniet dit al is ons so ver van die huis , en dit het my gelukkig gemaak. En ek onthou nog toe tannie Ronel ons gevra het , so is julle tweetjies n couple : ons het vir mekaar gekyk , geglimlag en omgedraai en gelyk gese , NEEEE! !! Daarna het jy my stasie toe gevat in Den haag , want dis waar my fiets nog al die pad gestaan het , my afgelaai , en vir my gese baie dankie vir die lekker naweek en dat jy dit baie geniet het en my n stywe drukkie gegee, vir die eerste keer :$! Ek kan nog die glinster in jou pragtige groen oe sien toe jy staan en kyk dat ek veilig terugry... Ek het huistoe gefietse ..... met n spoed !!!! Ek kon nie wag om voor my laptop te kom...... Ek kon my eie hart hoor klop en dit het gevoel asof hy in my keel sit ... die gevoel ken ek glad nie !! Het by die huis gekom op gehardloop met die trappe , en op facebook gegaan, Jan profile ...... message ...... En ek het vir jou geskryf ......... Hoe ek oor jou voel en dat ek ons n kans wil gee ... ek weet dat ons altwee in n moeilike situasie sit , en dat my vergunning alweer byna afgeloop is ,maar ek wil weet hoe jy voel .. Het op my bed agteroor geval en net so gele , my hart het geklop soos nog nooit ..Ek het na die dak gestaar en ek het in spannig gele en wag en hoop dat jy sou reply en ek het dit vir myself al half in geprint " dat jy nie belangstel nie " sodat ek nie n teleurstelling kry nie .. Dit was so anders met jou en nogsteeds is dit vir my ongelooflik en onbeskryflik wat ons het !! Jy het reply ek was eers bang om die boodskap oop te maak , maar het toe gelees wat jy skryf , n bree glimlag ontwikkel , en traan gevoel by my wang afrol en rustig aan die slaap geval ...
Augustus maand het ek jou wonderlike ouers ontmoet ! En vir die eerste keer kon ek dadelik lekker gemaklik voel rondom "ouers" en net lekker gesels .
2 Maande later ... ........... Ons kon mekaar net op sondae gesien het vir die 8 maande wat ek nog daar in Nederland was , onbeantwoorde vrae .. en saam op die beste besluit gekom , ek het bedank en my vergunning terug gehandig . Agv. omstandighede en terug gekom na suid-afrika April 2010 n week daarna het jy vir my kom kuier :) en my ouers ontmoet , dit was vir my so wonderlik om hul te hoor se , hul is mal oor jou , jy voel al soos n kind , iemand wat hul al lankal ken .. Ons het n klein vakansie hier in suid afrika gehad ek kon jou sussie ontmoet en Johann en van jou familie , en jou liewe ouma Pienie =) En jy kon my groot gesin ontmoet =) al die boeties en sussies !Toe was dit weer tyd vir afskeid neem.. Ek het jou die nag voor die tyd belowe dat ek nie gaan huil nie .. Ek wou sterk wees nie net vir myself , maar vir jou ook ! 3maande is toe verby ! 3 baie lang maande vol hartseer en verlange wat gevoel het soos n ewigheid .. En uiteindelik het die dag gekom dat ek kon vlieg , en vir jou gaan kuier ! =) Toe ek in Amsterdam land het dit gevoel of ek tuis is , ek is terug ! Ek kon nie gou genoeg deur alles kom en net my bagasie kry nie .. Uiteindelik het ek dit ,gooi alles op die trollie en vat net een rigting en dis nou by daardie deur uit =) Gewoonlik kyk en altyd eerste links.. maar jy was regs ... Toe ek jou sien , het my hart gesmelt van geluk en die trane het soos wyn oor my gesig geloop ek wou nie huil ek het myself belowe ek gaan nie , maar dit was soos 2 krane wat oopgemaak word en sukkel om toe te kom, daar staan jy met n balon so groot soos my bagasie tas ! Waarop staan " i love you this much " jou aanraking weer te kon voel , jou sagte en spontane soentjies .. ek kon nie ophou huil en lag gelyk... ek kon voel hoe almal rondom ons vir ons staar en ek onthou nog die tannie wat agter ons gestaan het se glimlag , en hoe bly sy gelyk het vir ons ! Maar die wereld het net daar gestop !Ons het kar toe gestap langs die pad gou by die badkamer ingegaan om my gesig te gaan was wat omtrent heeltemal swart besmeer was van my maskara ... =$ Uiteindelik was ons by jou huis !
Die 3 maande by jou was ongelooflik wonderlik ! Woorde sal dit nooit kan beskryf !Ons het mekaar net beter en beter geleer ken , en mekaar geleer respekteer .. Die beste van die 3 maande was die dag toe jy my gevra het of ek my lewe met jou wil deel , en op jou kniee in die sand gesit het en deur my siel gekyk het ! My onverwags heeltemal onderste bo geslaan het , dit was die een ding wat ek nie eers in die volgende 2 jaar sou verwag het nie !!! En moes eers weer al die trane van geluk sluk voor ek n ordentlike JA kon uitkry ! Ek kon nie vir n beter lewensmaat gevra het nie ! Nog nooit wou ek iets so graag ! Jy maak alles die moeite werd ! Jy gee my moed en hoop en krag ! Jy het my lief vir wie en wat ek is ! Die manier hoe jy my vashou ,hoe jy na my kyk , hoe jy my respekteer , en dat ek my geloof en drome met jou kan deel ! Dat ek alles met jou kan deel ! En dat ons nog ALTYD bymekaar staan maak nie saak hoe moeilik dinge vir ons was op tye toe mense ,afstand en tyd teen ons was !!! En nou sit ons alweer in dieselfde bootjie... Duisende km van mekaar , maar tog voel ek so naby aan jou ! En met n hart vol opgewondenheid, en geen twyfel !
Ek geniet elke oomblik terwyl ek ons troue reel , en tel die sekondes af totdat ek jou weer kan vashou , en op 26 Februarie 2011 na die lang maande weg van mekaar jou myne te maak ! En nooit ooit weer weg van jou te wees ! En om n toekoms saam met jou te begin en al ons drome te laat waarmaak ! Soos ons altyd se " samen lukt ons gewoon alles " En met God by ons ! Kan niks en niemand tussen ons kom , nie eers die tyd en afstand !
Niemand op hierdie aarde kan jou liefhe soos wat ek jou liefhet !
Jou Marianna

Wow Babie wat prachtig heb je dat geschreven, het is net alsof ik er een heel klein ietsiepietsie bij ben, want we hebben dit van heel dichtbij samen met jou een beetje mogen beleven, en nu gaan jullie dan trouwen!! Geweldig, lieve groetjes Sonja.
ReplyDeleteJaaaaa Babie straks mag je lekker ook in dat koude kikkerlandje van ons wonen!! ;-) En begrijpen...tuurlijk en anders heb je altijd nog google vertaler, al maakt die soms wel hele rare zinnen!! Lieve groetjes Sonja.
ReplyDelete